Sunday 21 July 2013

Sondag 21 Julie 2013

Die afgelope week was 'n behoorlike warrelwind een. Ek sou nooit kon droom dat daar soveel belangstelling en ondersteuning van regoor hierdie sonnige Suid Afrika sou wees nie. Ek se vir ieder en elk baie dankie.Dit is vir my 'n warm terugkeer tot die musiekbedryf en laat my dink aan 'n CJ Langenhoven gesegde wat ek heel dikwels vir myself hardop se as dinge rof gaan: "Jy moet jou swaarkry met lekkerkry klaarkry"

Ek is huidiglik besig met nog  'n projek wat ook einde se kant toe staan. Ek glo daar is al van julle wat weet van die Azette Wiesner-digbundel wat uitgegee word binnekort saam met n CD . Ek het die produksie(toonsettings van gedigte,verwerkings en opnames) van laasgenoemde behartig en is nou in die finale fase van opnames in die klankateljee, SOUNDWORX, by Vic Van der Watt.

Ek wens vir almal 'n heerlike, vrolike week toe.